Dankie!
Jou antwoorde is veilig by ons.
Jou NeuroKaart
Hier is ’n eerste blik op hoe jou brein werk. Hoe verder ’n punt van die middel af is, hoe sterker herken jy jouself in daardie area.
Die twee kante
- Die sigbare kant wys dinge wat ander mense soms by jou kan raaksien: hoe jy met mense omgaan, jou sintuie, struktuur, aandag en wat jy versamel.
- Die onsigbare kant wys die las wat jy dra en wat ander gewoonlik nie sien nie: die masker, emosies, die gaping tussen weet en doen, tyd, energie en oorlading.
Wat by jou die sterkste uitstaan
Dit is nie ’n diagnose nie. Dit is ’n portret van hoe jy jouself vandag beskryf.
Petro gaan jou NeuroKaart persoonlik na en skryf ’n verslag vir jou. Jy kan albei binne 3 werksdae in jou e-pos verwag. Kyk ook in jou spam- of promosie-vouer.
Dankie dat jy deel is van die toetsgroep. Jou terugvoer help om die NeuroKaart beter te maak vir almal wat ná jou kom.
Sommige van jou antwoorde wys dat dinge die afgelope tyd dalk swaar was. As jy al ’n ruk moedeloos of leeg voel, doen gerus ons kort sifting, Hoe gaan dit regtig met jou?, of praat met iemand wat jy vertrou.
Terwyl jy wag: lees gerus meer oor hoe verskillende breine werk.